15-12-24

Hoop

Aan die begin van die jaar het Libiërs gehoop dat dit ‘n goeie jaar sou wees, maar vir hulle was die jaar moeilik en hartseer.  Daar was baie gevegte en mense wat doodgemaak is.  In sommige plekke kan kinders nie skooltoe gaan nie en moet die hele dag in die huis bly.  Sommige mense sukkel om kos in die hande te kry en soms is daar ook nie krag of water nie.  Die grootste deel van Libië bestaan uit woestyn – dis droog en warm.  Die lewe voel soos ‘n droë woestyn vir baie Libiërs.  Maar Jesus wil vir hulle hoop en vreugde gee, selfs al is die lewe moeilik.

Die meeste Libiërs weet nie wie Jesus is nie.  Hulle weet nie dat as hulle in Hom glo, Hy vir hulle Sy hoop in hul harte sal gee nie.

Teken ‘n blom op verskillende kleure papier en knip dit uit.  Vou die blaartjies na binne.  Sit hulle nou in ‘n groot bak met water.  Wag so ‘n bietjie en kyk hoe die blommetjies oopgaan in die water.

Terwyl jy wag, lees Jesaja 35:1-2: Die woestyn, die dor land, sal jubel, die droë wêreld sal juig, oortrek met affodille; hy sal in volle bloei staan, hy sal juig en sing…!
Wat dink beteken die verse?  Wat dink jy wil Jesus doen?
Bid:

  • Dat baie Libiërs vir Jesus in die volgende jaar sal ontmoet.
  • Dat Jesus vir hulle vreugde en hoop in hul harte sal gee, en dat hul harte en lewens soos mooi blomme in ‘n droë woestyn sal word.

15-12-17

18-24 Desember

Lees Jesaja 9:5 – Vir ons is ‘n Seun gebore, aan ons is ‘n Seun gegee; Hy sal heers, en Hy sal genoem word: Wonderbare Raadsman, Magtige God, Ewige Vader, Vredevors.

Die week leer ons dat Jesus die Vredevors (of die Prins van vrede) is.  Jesus wil ons vrede in ons harte gee.  Wanneer ons eendag doodgaan, sal ons by Hom wees in ‘n plek waar daar nie meer oorlog, trane, hartseer, siekte, dood of slegte mense sal wees nie.

Baie Libiërs ken nie vir Jesus nie.  Verskillende groepe in die land veg teen mekaar, mense gaan dood en daar is mense wat ander net wil seermaak.  Hulle het nie vrede in hul harte nie, want hulle ken nie vir Jesus nie.  Wanneer hulle doodgaan sonder dat hulle vir Jesus ken, gaan hulle nie na die plek waar daar vir altyd vrede is nie.

 Druk nog ‘n kersie op karton uit of teken dit self en knip dit uit soos verlede week.  Skryf ‘Vredevors’ of ‘Prins van Vrede’ daarop – ook een van Jesus se name – en plak dit aan die kroon vas.

Neem nou die kroon, lig dit op na Jesus wat ons Vredevors of Prins van Vrede is en sê vir Jesus hoekom jy vir Hom liefhet.  Jy kan ook jou gunsteling liedjie sing wat oor Jesus gaan om Hom te aanbid.

  • Sê vir Jesus dankie dat Hy ons Prins van vrede is. Selfs al is daar nie altyd vrede om ons nie, gee Hy elke dag vir ons vrede in ons harte as ons vra; en eendag gaan ons by Hom wees in die wonderlike plek waar vrede is.
  • Bid dat God vir die Libiërs sal wys dat Jesus die Vredevors of Prins van Vrede is en dat hulle Hom sal aanneem en volg sodat hulle ook Jesus se vrede in hul harte kan hê.

15-12-10

11-17 Desember

Lees Jesaja 9:5 – Vir ons is ‘n Seun gebore, aan ons is ‘n Seun gegee; Hy sal heers, en Hy sal genoem word: Wonderbare Raadsman, Magtige God, Ewige Vader, Vredevors.

Die week leer ons dat Jesus die ‘Ewige Vader’ is.  Hy is ons Pa vir ewig en altyd.  Die pa’s wat op die aarde lewe, sal eendag doodgaan.  Jesus is nie so nie.  Hy het aan die kruis vir ons gesterf en Hy het weer opgestaan uit die dood.  Hy sal nooit weer doodgaan nie.  God is ons Pa vir altyd en ewig.

Sommige pappas is nie goeie pappas nie, maar God is nie soos hulle nie. Sommige pappas is baie goeie pappas, maar God is baie beter as die beste aardse pappa.  Hy het ons lief en wil net die beste vir ons hê.  Hy sal ons nooit seermaak nie.  Hy wil hê dat ons by Hom moet wees en dat ons vir altyd saam met Hom moet bly na ons lewe hier op aarde.

Libiese Moslems glo dat God ver weg is.  Hulle weet nie dat God ook hulle pa wil wees nie.  Hulle weet nie dat Hy hulle liefhet en dat Hy wil hê dat hulle vir altyd saam met Hom moet wees nie.  Hulle dink God wil net mense straf.

Druk nog ‘n kersie op karton uit of teken dit self en knip dit uit soos verlede week.  Skryf ‘Ewige Vader’ daarop – ook een van Jesus se name – en plak dit aan die kroon vas.
Bid:

  • Sê vir Jesus dankie dat Hy ons Pa is- die beste pa vir ewig en altyd
  • Bid dat Libiërs ook vir Jesus sal leerken as hulle ewige Pappa en dat hulle Hom sal aanneem en volg.

15-12-03

4-10 Desember 2015

Lees Jesaja 9:5 – Vir ons is ‘n Seun gebore, aan ons is ‘n Seun gegee; Hy sal heers, en Hy sal genoem word: Wonderbare Raadsman, Magtige God, Ewige Vader, Vredevors.

Die week leer ons dat Jesus die Magtige God is.  Hy is baie sterker as al die magte van die duisternis.  Hy’s baie sterker (magtiger) as Satan.

Ahmed is 14 jaar oud.  As gevolg van al die gevegte in sy woonbuurt, moes sy gesin hulle huis verlaat en bly hulle nou saam met baie ander gesinne in ‘n skool. Dis winter, dis koud en sy gesin het baie goed nodig.  Hulle voel depressief.  Dit voel of die lewe net nooit weer beter gaan word nie.  Ander Libiërs bly nog steeds in hulle eie huise en in sekere woonbuurte is dit nog veilig, maar almal is baie moeg met al die slegte dinge wat in hul land is.  Dit voel of hulle omring word deur donker magte.

Druk ‘n kers op karton uit of teken dit self en knip dit uit soos verlede week.  Skryf ‘Magtige God’ daarop – nog een van Jesus se name- en plak dit op die kroon.
Bid:

  • Sê dankie vir Jesus dat Hy baie sterker en magtiger is as Satan.
  • Vra dat Hy sy krag sal wys in Libië
  • Bid dat Libiërs Jesus as die Magtige God sal leerken en dat hulle Hom sal aanneem en volg.

15-11-26

27 November- 3 Desember

Ouers: Die volgende 4 weke is Adventstyd. Ons gaan op die 4 name van Jesus in Jesaja 9:5 fokus en ons sal vir julle en jul kinders instruksies gee om ‘n kroon te maak met 4 kerse wat elkeen van die name verteenwoordig (druk en knip die voorbeeld uit of teken jul eie). Elke week word ‘n kers wat een van die name verteenwoordig uitgeknip en op die kroon geplak.

Kinders: Vandag gaan julle begin om ‘n kroon te maak, en die volgende 4 weke, soos julle nog ‘n Naam van Jesus leer, gaan julle elke keer ‘n kers op die kroon plak- een kers vir elke naam van Jesus

Vra jou ouers om jou te help.Neem ‘n A4 gekleurde karton en knip dit in die helfte (knip dit in die lengte). Plak die 2 stukke vas sodat dit ‘n sirkel vorm.Neem ‘n ander stuk karton en druk die kers daarop uit of teken ‘n kers en knip dit dan uit.

Lees Jesaja 9:5 – Vir ons is ‘n Seun gebore, aan ons is ‘n Seun gegee; Hy sal heers, en Hy sal genoem word: Wonderbare Raadsman, Magtige God, Ewige Vader, Vredevors.

Jesus is die Wonderbare Raadsman.Dit beteken dat Hy die Een is wat vir ons wonderlike raad gee.Hy is die slimste en wysste.As ons iets nie verstaan nie, kan ons dit vir Hom vra.
Malika ‘n Libiese vrou, is bevriend met ‘n buitelandse Christen vrou wat sy ‘n paar jaar terug by die mark ontmoet het.Hulle kinders is dieselfde ouderdom.Terwyl hulle kinders saamspeel, gesels Malika en haar vriendin oor godsdiens.Haar Christen vriendin vertel haar van ‘n God wat liefhet en van Jesus. Malika hou daarvan om te luister na alles wat haar vriendin sê, maar dis so verskillend van haar godsdiens, Islam.Sy het so baie vrae.Wat is die Waarheid?Waar kan sy dit vind?

Daar is baie Libiërs soos Malika met vrae oor God en ander dinge oor Hom wat hulle nie verstaan nie.

Neem nou jou kers wat jy uitgeknip het en skryf ‘Wonderbare Raadsman’ daarop en plak dit aan die kroon vas.Bid dan:

  • Dat God die Libiërs sal help om te verstaan dat Jesus wonderlik is
  • Dat God hulle sal help om te verstaan dat Jesus die Een is wat die beste raad gee en die wysste en slimste is.
  • Dat Jesus vir Libiërs antwoorde sal gee op die vrae wat hulle het.
  • Dat Libiërs hulle vertroue in Jesus ons Wonderbare Raadsman, sal plaas en Hom sal volg.

15-11-19

Libiërs wat in ander lande woon

Weens al die vegtery in Libië het baie Libiërs in ander lande gaan woon waar hulle veiliger voel. Baie van hulle woon nou in lande waar dit maklik is om van Jesus te hoor en waar hulle elke dag volgelinge van Jesus kan ontmoet.

Dit is moeilik vir hulle om weg te wees van hul familie en vriende wat hul eie taal praat. Al voel hulle veilig in hul nuwe land, kan Libiërs eensaam voel. Van hulle maak nuwe vriende in hul nuwe land.

Wat sê God se Woord oor hoe ons vreemdelinge moet behandel?

Lees Levitikus 19:33-34. “Wanneer daar ‘n vreemdeling by julle in julle land woon, mag julle hom nie onderdruk nie. Julle moet hom soos ‘n medeburger behandel en hom liefhê soos julleself …”

Wat beteken dit?

Ken jy enigiemand in jou dorp of buurt wat van ’n ander land af kom? Wat dink jy kan jy doen om hulle welkom te laat voel? Praat oor ’n paar goed wat jy en jou gesin hierdie week kan doen om mense uit ander lande tuis en nie eensaam nie, te laat voel.
Bid:

  • Dat volgelinge van Jesus in hierdie lande vriende sal maak met Libiërs, hulle in hul huise sal verwelkom en met hulle oor Jesus sal praat.
  • Vir die Libiërs wat as vreemdelinge in ander lande woon, dat hulle die Blye Boodskap oor Jesus sal hoor en dat hulle dit met hul familie en vriende wat in Libië woon, sal wil deel wanneer hulle oor die foon praat of teruggaan.

15-11-12

13-19 November

Daar is ’n groep mense in die Moslem-wêreld – in Libië en ander lande – wat hulself die Islamitiese Staat (IS) noem. Miskien het jy al van hulle gehoor. Vanjaar het hulle Egiptiese en Ethiopiese Christene wat in Libië woon, doodgemaak. Hulle veg ook teen en vermoor ander Moslems in Libië wat nie presies soos hulle dink en glo nie. Hulle dink dat as hulle ander doodmaak, maak hulle vir God.

Wat hulle nie weet nie, is dat hulle eintlik instrumente in die hande van Satan is. Satan gebruik hulle om lewens te vernietig en mense bang te maak. Wat hulle dus doen, is om God se hart seer te maak.

Lees Matteus 5:44. “Maar Ek sê vir julle: Julle moet julle vyande liefhê , en julle moet bid vir dié wat vir julle vervolg.”

Wat sê Jesus moet ons aan ons vyande doen?

Knip die 3 harte uit. Kleur een hart swart in, een rooi en los een hart wit.

Neem die swart hart en bid vir die mense wat deel van die Islamitiese Staat is:

  • Dat God hulle sal wys wat hulle doen, is boos en maak hul harte donker; dat God hulle sal wys wat hulle doen, maak Hom hartseer, nie gelukkig nie.
Neem die rooi hart en bid vir lede van die Islamitiese Staat:
  • Dat God hulle die Waarheid oor Jesus sal wys – dat Hy aan die kruis gesterf het en Sy bloed al hul bose dade kan afwas.
  • Dat hulle vir God sal sê hulle is jammer vir al die baie bose dinge wat hulle gedoen het en Jesus dan sal aanvaar as die enigste Een wat hulle kan red.
Neem die wit hart en bid:
  • Dat God hulle nuwe, skoon harte en lewens sal gee; dat hul nuwe lewens eer aan God sal bring.
  • Dat God hulle sal verander en gebruik om mense van Sy liefde te vertel.

15-11-05

Mense van ander lande wat ly
weens die chaos in Libië

Vanweë die chaos en vegtery in Libië beland baie mense van ander lande in Afrika of die Midde-Ooste in Libië op pad na Europa. Daar is nie ’n sterk regering of polisiemag in Libië wat kan keer dat mense die grense oorsteek nie, dus is dit maklik vir mense om Libië binne te gaan. Hulle wil nie in Libië woon nie, maar probeer bote van die Libiese strande vat om na Europese lande te gaan.

Daar is ook slegte mense wat voordeel trek uit hierdie reisigers. Hulle vra baie geld om hulle te help om die see oor te steek om in Europa te kom, maar hulle laai te veel mense in die bote. Baiekeer slaan die bote om en verdrink die mense. Baie mans, vroue en kinders is al die afgelope jaar so dood.

Maak papierbootjies, laat dit in die wasbak dryf en bid dan:

  • Dat God al die families wat kinders, broers, susters of ouers op see verloor het, sal troos.
  • Dat God vir Libië ’n goeie regering sal gee sodat mense in veiligheid kan woon.

15-10-29

Nie te klein om deel van God se plan te wees nie

Lees 2 Konings 5:1-15 en hoor hoe God ’n jong meisie gebruik het om ’n groot leier te wys dat Hy die enigste God op die hele aarde is!

Hany was ’n 8-jarige Egiptiese seuntjie wat ’n hele aantal jaar saam met sy ouers in Libië gewoon het. Hulle was volgelinge van Jesus. Op ’n dag het Hany se ma hul buurvrou, Laila, oorgenooi om na die Jesus-video op TV te kyk. Laila het daarvan gehou, maar sy het vir Hany se ma gesê die gedeelte oor Jesus aan die kruis was verkeerd en dat Hy nie gesterf het nie. Hany het haar onderbreek: “Nee Tannie Laila, dit is waar! Jesus het aan die kruis gesterf vir ons sondes. Jy moet dit glo as jy hemel toe wil gaan!” Laila het nie geweet hoe om Hany te antwoord nie.

’n Ander buurvrou het ook gereeld vir Hany vrae gevra oor sy gesin se geloof in Jesus. Dit was makliker vir haar om ’n 8-jarige kind te vra eerder as ’n volwassene.

Kyk na die prent van die seun. In een van die prente is iets kleins weg. Waarom dink jy daardie klein deeltjie is belangrik? Kan jy dit kry? Teken die vermiste deel in en bid dan:

  • Dank God dat Hy enigeen kan gebruik, selfs klein kindertjies of mense wat nie belangrik is nie. Dank Hom dat Hy ons gebede vir Libië gebruik.
  • Bid dat Hy gelowiges in Libië sal wys dat Hy hulle ook kan gebruik en dat hulle nie te jonk, oud of onbelangrik is nie.

15-10-22

Vryheid

Lees: Handelinge 16:22-28

God kan enige situasie tot Sy eer gebruik. Paulus en Silas het nie gekla toe hulle in die tronk was nie omdat hulle die Here gedien het; hulle het gebid en lofliedere tot God gesing. Toe die kettings los gekom het, het die bewaarder ook sy “vryheid” gekry deur Jesus aan te neem.
Soms word volgelinge van Jesus in Libië in die tronk gesit. Ons weet nie of daar nou van hulle in die tronk is nie. Maar vir baie van hulle is die lewe baie moeilik, selfs al is hulle nie in die tronk nie, omdat ander mense die lewe vir hulle moeilik maak.
Wat is jou gunsteling loflied vir Jesus? Sing dit vir Jesus namens gelowiges in Libië wat voor moeilike situasies in hul lewe te staan kom en bid dan:
  • Dat God die gelowiges sal help om te bid en lofliedere tot Jesus te sing, wat hul situasie ook al is.
  • Dat God ’n lied in hul harte sal sit, al ervaar hulle nie veel vreugde nie.
  • Dat God hulle in hul moeilike situasies sal gebruik sodat ander Libiërs Jesus sal leer ken.
  • Dank God dat Hy vandag nog wonderdade doen en dat Hy dit gebruik om mense van Jesus bewus te maak.

15-10-16

Aanmoediging

(Ouers, julle het speelklei vir dié gebedstyd nodig.)

Lees: Handelinge 18:9-10

Die meeste Libiërs wat Jesus volg, voel baie eensaam. Daar is so min Libiese gelowiges dat baie nie weet daar is ander Libiërs wat ook vir Jesus volg nie. Of hulle is bang om met ander Libiese gelowiges in aanraking te kom.

Gebruik speelklei om figure van mans en vroue te maak. Maak ’n sirkel van klei en sit dit om hulle of sit hulle in die middel op die tafel. Hou hande met jou familie of vriende om ’n sirkel om hulle te vorm. Bid vir volgelinge van Jesus in Libië:

  • Dat God se teenwoordigheid rondom al die Libiese gelowiges sal wees waar hulle ook al is en dat hulle sal weet Jesus is by hulle.
  • Dat God die Libiese gelowiges by mekaar sal bring sodat hulle nie eensaam sal voel nie.
  • Dat God Libiese gelowiges sal beskerm teen mense wat hulle wil seermaak wanneer hulle by mekaar kom of met mekaar kontak maak.

15-10-08

9-15 Oktober

Heilige Gees

Jesus het beloof dat Sy volgelinge die Heilige Gees sal ontvang om Sy getuies te wees.

Lees Handelinge 2:1-11. Dit is waar ons lees hoe die Heilige Gees die eerste keer oor mense gekom het. Daar was daardie dag ook Libiërs teenwoordig!

Daar is net ’n paar Libiërs wat Jesus volg en hulle is bang. Teken ’n prent van hoe die Heilige Gees op die gelowiges in Handelinge uitgestort is en bid dan:
  • Dat God Sy Heilige Gees op Libiese gelowiges sal uitstort.
  • Dat die Heilige Gees hul vrees sal wegneem en hulle dapper maak in Hom.
  • Dat ander Libiërs God se Gees in die lewe van gelowiges sal sien en dat hulle Jesus as hul Heer sal wil aanvaar.

 


 

15-10-01

1-8 Oktober

Lees Romeine 10:13-15

          

Die lewe is baie moeilik vir Libiërs wat Jesus wil volg. Hul lewe kan in gevaar wees net omdat hulle in Jesus glo. Soms wil gelowiges die land verlaat om in lande te gaan woon waar hulle nie vir hul geloof vervolg sal word nie. Maar een man, Omar, sê hy wil Libië nie verlaat nie. “Die Here het my hier in Libië geplaas vir my mense, om hulle van die liefde van Jesus te vertel sodat hulle vergifnis vir hul slegte dade sal vra en Hom sal volg.”

Trek jou hande en voete op ’n vel papier af, kleur dit in en knip dit dan uit. Wanneer jy daarna kyk, onthou ons is God se hande en voete op aarde. Hy gebruik mense om ander te help en vir hulle te wys wie Hy is. Hy gebruik Sy volgelinge om die boodskap van Jesus uit te dra na diegene wat Hom nie ken nie.
Bid vir gelowiges in Libië:

  • Sê dankie vir Libiërs soos Omar wat die liefde van Jesus met ander wil deel.
  • Bid dat meer Libiërs wat Jesus volg, Sy liefde met ander sal deel en Sy hande en voete sal wees vir diegene wat Hom nog nie ken nie.
  • Bid vir God se teenwoordigheid om hulle elke dag.

15-09-24

25 September-1 Oktober

’n Libiese gelowige het vir sy dogter, Aisha, ’n maklike manier geleer om Bybelstudie in ’n groep te doen. Hulle het nie vriende wat Jesus volg nie. As Aisha dit saam met haar vriendinne kan doen, kan hulle dalk ook volgelinge van Jesus word. Dit sal moed verg van Aisha om haar vriende by mekaar te kry om saam Bybelstudie te hou.

Lees: 1 Korintiërs 2:1-5Paul was bang, swak en het gebewe van vrees toe hy die boodskap van Jesus Christus moes deel. Hy sê dit was net met die krag van die Heilige Gees dat hy dit kon doen.
  • Baie Libiese gelowiges is bang. Bid dat die Heilige Gees hulle moed sal gee en die woorde om Jesus met ander Libiërs te deel.
  • Vra God om Libiese gelowiges te help om die Goeie nuus oor Jesus te deel met hul families en vriende wat nie van Hom weet nie.
Wat is jou gunsteling-verhaal oor Jesus? Het jy dit al ooit met iemand anders gedeel? Vra God om iemand aan jou uit te wys met wie jy dit hierdie week kan deel.

15-09-18

Eid al Adha (Fees van die Offer) 24 September

Mehdi is 6 jaar oud en baie opgewonde, want vandeesweek vier Moslems die wêreld oor die Fees van die Offer. Baie vroeg in die oggend sal Mehdi saam met sy pa na die moskee gaan vir spesiale gebede. Daarna sal hulle ’n skaap slag en vir die res van die dag sal sy ma en susters verskillende dele van die vleis gaarmaak terwyl sy pa en ouer broers daarvan sal braai.

Hulle doen dit omdat Abraham gewillig was om sy seun te offer uit gehoorsaamheid aan God. Die Koran, die heilige boek vir Moslems, vertel ’n verhaal van Abraham, maar dit verskil effens van hoe sy storie in die Bybel vertel word. Wat Mehdi en sy gesin nie weet nie, is dat Jesus die Lam is wat God gestuur het as ’n offer vir ons. Ons hoef nie meer skape dood te maak nie. As ons glo dat Jesus aan die kruis gesterf het om ons van ons sonde en oneer te reinig en Hom te volg en gehoorsaam, is ons gered.Lees die verhaal van Abraham in Genesis 22:1-18.
Kleur die prent in en bid:
  • Dat God aan Mehdi, sy gesin en ander Libiërs die waarheid sal onthul dat God ’n offer voorsien het deur Jesus sodat hulle nie skape hoef te offer om Hom tevrede te stel nie.
  • Dat God Libiërs sal help besef dat toe Jesus geoffer is, al hul sondes en skandelike dade wat hulle gepleeg het, vergewe is.
  • Dat volgelinge van Jesus wat in Libië woon, hierdie week geleenthede sal kry om vir Moslems te vertel wie Jesus is.
  • Dat God Libiërs sal help om te verstaan hoe lief Hy hulle het.


 15-09-10

11-17 September

Rafiq was 13 jaar oud toe Jesus op ’n dag aan hom verskyn het. Dit was ’n wonderlike ervaring. Daardie selfde dag het hy ’n oom gesien met wie hy in jare nie kontak gehad het nie. Dié oom was ’n gelowige en hy het aan Rafiq verduidelik wat dit beteken om Jesus te volg. Dit het Rafiq so geraak dat hy besluit het om ook vir Jesus te volg en te gehoorsaam.

Rafiq is nou ’n jong man en hy was nog nooit in ’n kerk nie. Soms voel Rafiq eensaam. Hy sou graag ander gelowiges wou ontmoet om saam met hulle Bybel te lees, en God te aanbid.

Lees: Handelinge 20:31-38
Wanneer ons as gelowiges saam is, moet ons ons vreugdes en hartseer met mekaar deel. Ons moet vir mekaar omgee, saam bly wees en saam bid. Ons sien dat Paulus so vir die mense omgegee het omdat hy Jesus liefgehad het.Deel met jou gesin: Waarvoor is jy hierdie week dankbaar? Wat het jou kwaad gemaak? Vra vir hulle dieselfde vrae. Bid vir mekaar en bid dan vir Libiese volgelinge van Jesus:
  • Dat God Libiese gelowiges op ’n veilige plek by mekaar sal bring sodat hulle ook saam kan lees en deel en bid.
  • Dat God Libiese gelowiges sal help om mekaar te vertrou en nie sal bang wees om by mekaar te kom nie.
  • Dat God hulle sal beskerm teen mense wat hulle wil seer maak wanneer hulle by mekaar is.

15-09-03

4-10 September

Fatima bly saam met haar ma en pa in Libië. Hulle is volgelinge van Jesus. In die Libiese gemeenskap is dit baie belangrik vir mense om te trou. Dit is Fatima se begeerte, maar haar ouers wil hê sy moet met iemand trou wat ook ’n volgeling van Jesus is. Fatima is bekommerd sy sal nooit getroud kom as sy vir ’n gelowige man moet wag nie. Hoe gaan haar ouers ooit so iemand kry?
Lees Genesis 2:18-25
Die huwelik is God se idee en Hy gebruik dit as ’n lewende simbool van Jesus en die kerk. ’n Huwelik moet ’n plek van respek, eer en onvoorwaardelike liefde wees. Die huwelik en gesin is waar ons eintlik leer om in ’n verhouding met die Here te leef. Dit is makliker om iemand wat ’n mens kan sien, lief te hê, respekteer en eer, as vir God, vir wie ons nie kan sien nie.AnchorVra jou ma of pa om die prentjie vir jou uit te druk. Neem dan ’n potlood en help die bruidegom om by sy bruid uit te kom. Bid:
  • Vir God om Libiese gelowiges en hul families te lei om ’n man of vrou te kry wat ook ’n volgeling van Jesus is.
  • Vir God om die huwelike van Libiese gelowiges te beskerm.
Vir God om Libiese gelowiges te help om mekaar in hul huwelike te eer en respekteer en ’n lig te wees vir ander Libiërs wat nog nie volgelinge van Jesus is nie.

15-08-28

28 Augustus – 3 September

Ouers, sit ’n Bybel iewers in die kamer waar jou kinders dit kan sien, blinddoek hulle dan, draai hulle ’n paar keer in die rondte en laat hulle rondsoek na die Bybel.

Lees Psalm 119:105 – U woord is die lamp wat my die weg wys, die lig op my pad.”

Die Bybel in Arabies (die taal wat Libiërs praat) word nie in Libië toegelaat nie. Laat ons bid vir Libiërs, veral vir die leiers:
  • Dat God die geestelike blinddoek van hul oë sal wegneem sodat hulle kan sien die Bybel is nie ’n slegte boek nie, maar die Lig wat die pad na die Ewige Lewe aanwys.
  • Vir Libiese leiers om toe te laat dat die Arabiese Bybel in die land verkoop kan word sodat Libiërs dit kan lees en die Waarheid oor God weet.
  • Vir diegene wat nie die Arabiese Bybel in die land wil hê nie, dat hul oë verblind sal word sodat hulle nie sal sien wanneer Bybels die land binnegebring word nie of wanneer Libiërs dit op hul fone aflaai nie.

15-08-21

21-27 Augustus

“ Ek het u woord in my hart gebêre, dat ek teen U nie sal sondig nie..” – Psalm 119:11

Die lewe is nie maklik vir Libiërs wat Jesus volg nie. Dikwels is hul families of vriende kwaad omdat hulle in Jesus glo en maak die lewe moeilik vir hulle. As hulle ’n Bybel het, steek ’n Libiese volgeling van Jesus dit weg omdat dit so kosbaar vir hulle is. As iemand hul Bybel ontdek, kan hulle in die  moeilikheid kom en kan dit van hulle weggeneem word.

Trek ’n laken of kombers oor jou kop en lees dan Psalm 119:11 by flitslig. Bid vir die Libiese volgelinge van Jesus:

  • Dat die Heilige Gees hulle sal leer en help verstaan wat hulle in die Bybel lees.
  • Dat God se Woord in hul harte sal wees en dat dit hulle sal help om sterk te staan vir Jesus en hom te eer en gehoorsaam.

15-08-14

14-20 Augustus

LEES: Johannes 1:1-5 ’n paar keer hardop: In die begin was die Woord daar, en die Woord was by God, en die Woord was self God. Hy was reeds in die begin by God. Alles het deur Hom tot stand gekom: ja, nie ‘n enkele ding wat bestaan, het sonder Hom tot stand gekom nie. In Hom was daar lewe, en dié lewe was die lig vir die mense. Die lig skyn in die duisternis, die duisternis kon dit nie uitdoof nie.”
Die Bybel is die Woord van God. Dit is nie net nog ’n boek met stories nie. Dit is Waarheid van God. Het jy ’n Bybel in jou huis? Waarvan hou jy van die Bybel? Wat kan ons uit die Bybel leer?
Kyk na die prentjies en bid dan vir mense wat in Libië woon en Jesus liefhet en volg. (Vra jou ma of pa om te lees wat onderaan geskryf is en druk dan jou vinger op ’n prentjieterwyl jy bid). Bid:
  • Dat hulle ’n Bybel sal hê om elke dag te lees.
  • Dat hulle sal kan leer uit die lewens van mense in die Bybel.
  • Dat hulle troos in die Woord sal vind wanneer hulle moeg, hartseer of alleen is.
  • Dat hulle dit sal sien as ’n liefdesbrief van God en dat hulle die beloftes sal glo.
  • Dat hulle die Bybel as rigtingwyser sal gebruik om hulle op die pad van ewige lewe te hou.
  • Dat hulle sal weet hoe lief God hulle het.

15-07-30

31 Julie – 6 Augustus

Lees: 2 Timoteus 2:9 “Maar die woord van God kan nie geboei word nie.”

Dit is baie moeilik om ’n Arabiese Bybel in Libië te kry. Jy kan dit nie in ’n boekwinkel koop of op die mark kry nie, want die Bybel in Arabies word nie in Libië toegelaat nie. Maar dit is moontlik om ’n Arabiese Bybel van die internet af te laai. Dit kan egter steeds gevaarlik wees as ’n Libiër daarmee betrap word.Die Bybel is die Woord van God. As Sy Woord deur Libië versprei word, word Sy lig en waarheid versprei.(Ouers, steek ’n Bybel iewers in die huis weg en laat jul kinders daarna soek.) Soek na die weggesteekte Bybel. Wanneer jy die Bybel kry, bid:
  • vir God se Woord om in Libië te kom.
  • vir God om ’n manier te voorsien sodat meer Libiërs die Bybel kan kry en lees.

15-07-23

24-30 Julie

Omtrent 6 miljoen mense woon in Libië. Die meeste van hulle het nog nooit gehoor wie Jesus is nie. Libiërs wat Jesus volg, mag nie vir ander Libiërs van Hom vertel nie. Dit is teen die wet in die land.

Lees Romeine 10:14: Maar hoe kan ‘n mens Hom aanroep as jy nie in Hom glo nie? En hoe kan jy in Hom glo as jy nie van Hom gehoor het nie?”

God se wette is sterker as menslike wette. Libiërs hou daarvan om die internet te ‘surf’. Die meeste van hulle het ’n selfoon of rekenaar waarmee hulle met mekaar kommunikeer of inligting kry oor wat in die wêreld aangaan. God gebruik selfs die internet om mense oor Hom in te lig: daar is webwerwe in Arabies waarop mense die Bybel kan lees en wat help verduidelik wie Jesus is.

  • Dank Jesus oor hoe Hy die internet gebruik sodat Libiërs van Hom kan hoor.
  • Bid vir Libiërs om af te kom op daardie webwerwe wat Jesus en die Bybel verduidelik.
  • Bid vir die mense wat op hierdie webwerwe werk, dat God hulle sal help om die regte dinge op die regte manier oor te dra.

Teken ’n prent van ’n rekenaar en skryf dan op die skerm van die goed wat Libiërs oor Jesus moet weet. Of jy kan ’n prent teken van wat jy wil hê Libiërs oor Jesus moet sien.


15-07-16

Eid al Fitr – Verbreking van die vas

17-23 Julie

Vandeesweek is die einde van Ramadan, die maand van vas. Libiese kinders is baie opgewonde, want die einde van Ramadan word met ’n spesiale fees, die Eid al-Fitr, gevier. Dié fees hou gewoonlik 3 dae aan. Dit is ’n tyd van familiebyeenkomste en besoeke aan vriende. Kinders kry gewoonlik nuwe klere en geskenke, trek mooi aan en eet heerlike kos. Dit is ’n vrolike tyd vir familie en vriende.

Ons het baie lede in een liggaam, en die lede het nie almal dieselfde funksie nie. Net so is ons, al is ons baie, in Christus een liggaam, en almal afsonderlik lede van mekaar.” Romeine 12:4-5

As mense wat Jesus liefhet en gehoorsaam, is ons almal deel van Sy familie. Daar is Libiërs wat besluit het om Jesus ook lief te hê en te gehoorsaam. Selfs al ken ons nie hul name nie, is hulle ons broers en susters. Van hulle ken geen ander gelowiges nie en voel baie alleen. Wanneer ons vir hulle bid, kan die Heilige Gees hulle bemoedig. God ken elkeen se naam.

Maak ’n papierfiguurketting. Versier die figure met oë, mond, neus en klere… Bid dan:

  • dat die Heilige Gees Libiërs wat Jesus liefhet en gehoorsaam, sal bemoedig en dat hulle vol vrede en vreugde sal wees.
  • vir hul familie en vriende om Jesus te vind en Hom te volg, sodat baie families in Libië Hom sal volg.

Paper_Doll_Instructions


15-07-09

5 Pilare- Gebed (Nag van krag)
10-16 Julie
Onthou jy nog die vorige week se teksvers wat jy gememoriseer het? Sê dit hardop of laat ’n volwassene dit vir jou lees as jy dit vergeet het (2 Korintiërs 6:16). Steek dan 4 kerse aan, vir 4 van die 5 pilare van Islam en 4 waarhede uit God se Woord wat ons gebid het.Nog ’n pilaar van Islam (of iets wat Moslems moet doen as hulle na die paradys wil gaan) is om op vyf spesifieke tye elke dag te bid. Tydens die maand van Ramadan sal baie Moslems ook ekstra gebede bid.Die 27ste nag van Ramadan word die nag van krag genoem. Sommige mense sal spesiale gebede in hierdie nag herhaal en hulle heilige boek, die Koran, lees. Hulle hoop God sal hul gebede beantwoord as hulle baie keer tydens die nag van krag bid.

Hoor God ons net as ons op spesifieke of spesiale tye bid?

Lees en memoriseer Matteus 7:7-8: “Vra en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal kry; klop, en vir julle sal oopgemaak word, want elkeen wat vra, ontvang; en elkeen wat soek, kry; en vir elkeen wat klop, sal oopgemaak word.”

Steek nou die 5de kers aan. Bid dat Libiërs die God sal vind wat altyd luister, wat antwoord wanneer ons bid en wat ons liefhet. Skakel die lig af en kyk na die vyf kerse. As ons bid, sal God se waarheid helderder en helderder in die duisternis van Libië skyn en mense sal God se weg kan sien en Hom volg.


15-07-03

5 Pilare – Pelgrimsreis na Mekka
3-9 Julie
Onthou jy nog die vorige week se teksvers wat jy gememoriseer het? Sê dit hardop of laat ’n volwassene dit vir jou lees (Efesiërs 2:18). Steek dan 3 kerse aan, vir 3 van die 5 pilare van Islam en 3 waarhede uit God se Woord wat ons gebid het.Nog een van die 5 pilare van Islam, of dinge wat alle Moslems moet doen as hulle na die paradys wil gaan, is om na Mekka te gaan, wat ’n belangrike en godsdienstige stad in Saoedi-Arabië is. Hulle noem dit die pelgrimsreis. Hulle kyk ook na Mekka wanneer hulle bid. Selfs al is Ramadan nie die tyd vir hierdie pelgrimsreis nie, gaan baie Libiërs in hierdie maand na Mekka.Kan ons gered word deur na ’n plek of gebou te gaan? Kan dit ons nader aan God bring? Waar is God? Wat sê die Bybel?Lees en memoriseer 2 Korintiërs 6:16: “Ons is immers die tempel van die lewende God. Dit is soos God gesê het: Ek sal in hulle woon en onder hulle wandel, en Ek sal hulle God wees en hulle sal my volk wees.”

Nou kan jy die 4de kers aansteek. As ons glo dat Jesus aan die kruis gesterf het vir ons sondes en dat Hy uit die dood opgestaan het, is ons God se tempel en woon Hy in ons. Bid dat God die Libiërs sal help om te glo sodat Hy ook in hulle sal woon en na aan hulle sal wees.


 15-06-25

5 Pilare – Gee aan die Armes
26 Junie – 2 Julie
Onthou jy nog verlede week se versie? Sê dit hardop of laat ’n volwassene dit vir jou lees as jy dit vergeet het (1 Johannes 1:7). Steek dan 2 kerse aan, wat 2 van die 5 pilare van Islam en 2 waarhede van God se Woord wat ons gebid het, verteenwoordig.Nog een van die vyf pilare van Islam, of dinge wat Moslems moet doen as hulle na die paradys wil gaan, is om geld en liefdadigheid aan die armes te gee. Moslems gee baie in die maand van Ramadan.Dink jy dit is sleg om goed te gee aan mense wat arm is? Nee! Is dit sleg om mense te help? Nee! Dit maak God bly as ons aan ander gee en mense in nood help. Maar sal die gee van geld en die doen van goeie dade ons red?Lees en memoriseer Efesiërs 2:8-9 dié week: “Julle is inderdaad uit genade gered, deur geloof. Hierdie redding kom nie uit julleself nie; dit is ’n gawe van God. Dit kom nie deur julle eie verdienste nie, en daarom het niemand enige rede om op homself trots te wees nie.”  Steek nou die derde kers aan. Bid dat Libiërs sal weet dat God vir hulle die gawe van verlossing wil gee. Bid dat hulle sal ontdek dat God hulle uit genade red en dat hulle daarom sal gee, omdat hulle dankbaar is en nie omdat hulle hoop om hemel toe te gaan nie. Een manier om vir Jesus dankie te sê, is om goeie dinge te doen of aan ander te gee. Kyk of daar iemand in jou buurt of skool is vir wie jy kan help of iets kan gee dié week, om so vir Jesus dankie te sê vir wat Hy vir ons gedoen het.

 15-06-18

5 Pilare – Vas
19-25 Junie
Onthou jy nog verlede week se versie, Romeine 10:9? Sê dit weer, of laat ’n volwassene dit vir jou lees en steek dan ’n kers aan.In dié volgende maand verander die lewe in Moslem-huise die wêreld oor en in Libië, vanweë Ramadan, die heilige vas-maand. Elke dag van dié maand staan die Moslems baie vroeg op, nog voordat dit lig is, om ontbyt te eet. Dan vas hulle heeldag tot ná sonsondergang. Hulle eet of drink niks nie, selfs nie eens water nie. Saans kan hulle weer eet en drink.Alle volwasse Moslems moet vas en soms vas Libiese kinders ook. Maar hulle vas net vir ’n paar uur per dag. Die meeste kinders vas nie soos die volwassenes nie totdat hulle tieners is.Die vas in die maand van Ramadan is een van die vyf pilare of dinge wat Moslems moet doen as hulle na die paradys toe wil gaan. Moslems vas as ’n daad van aanbidding tot God. Hulle glo deur te vas sal hulle dubbel die belonings van God kry en dat hul sondes vergewe sal word.Wat is die waarheid? Dwarsdeur die Bybel lees ons van baie mense wat gevas het. Christene vas steeds vandag nog; dit help ons om meer op God te fokus en tyd saam met Hom deur te bring. Kan vas ons sondes wegneem en ons reinig?Lees en memoriseer 1 Johannes 1:7 “… die bloed van Jesus, sy Seun, reinig ons van elke sonde.”

Steek ’n tweede kers aan en bid vir Libië dat hulle tydens dié vas-maand die waarheid sal ontdek: dat die bloed van Jesus hulle van alle sondes reinig.


 15-06-11

Vyf pilare – die Geloofsbelydenis

12-18 Junie

Islam het vyf pilare, oftewel vyf dinge wat Moslems moet doen om die goedkeuring van God te verdien. Hulle hoop as hulle hierdie dinge doen, sal hulle na die paradys gaan, maar hulle is nooit seker nie.Vir die volgende vyf weke gaan ons leer wat hierdie vyf pilare is. Ons gaan Bybelversies memoriseer om te help bid vir God se waarheid vir Libië.Steek ’n kers aan nadat jy ’n versie gememoriseer het. Wanneer dit pikdonker is, weet ons nie waar om te loop nie, maar as ons ’n kers aansteek, kan ons beter sien. Die vyand wil Libiërs in die duisternis hou sodat hulle nie God se weg na die hemel kan sien nie. Ons bid dat die waarheid sal wees soos die lig van ’n kers om Libiërs te help om God se pad te sien.Die eerste pilaar is die ‘geloofbelydenis,’ ’n frase wat elke Moslem moet sê en glo. Dit lui: “Daar is net een God en Mohammed is die profeet van God.”Maar wat is die waarheid? Hoe kan ons gered word?“As jy met jou mond bely dat Jesus die Here is, en met jou hart glo dat God Hom uit die dood opgewek het, sal jy gered word.” (Romeine 10:9)Memoriseer dié versie en steek ’n kers aan. Bid nou vir die mense van Libië, dat hulle met hul mond sal bely dat Jesus die Here is en in hul hart sal glo dat God Jesus uit die dood laat opstaan het. Dit is die enigste pad na redding en die hemel.

 15-06-04

Televisie

5-11 Junie

Byna elke huis in Libië het satelliet-TV. Christelike kanale word in Arabies gebeeldsend na baie verskillende lande, van Marokko tot Afghanistan, en kan ook gekyk opgevang word in Libië. Dit is dag en nag te sien en daar is selfs spesiale programme vir kinders. Dit is een van die maniere waarop Libiese kinders en volwassenes die Blye Boodskap van Jesus Christus kan hoor. Volgelinge van Jesus in Libië mag nie die Evangelie met kinders deel nie, maar kinders kan die Blye Boodskap hoor en oor Jesus begin dink deur middel van dié TV-bedienings.
  • Dat God kinders se harte sal voorberei om die Blye Boodskap te aanvaar wanneer hulle dit hoor.
  • Dat kinders vir ander kinders en volwassenes sal vertel wat hulle van Jesus gehoor het.
  • Dat God hulle sal beskerm teen skadelike TV-programme.

LYOP kids June week 1 Picture


15-05-29

Mei-gebedsfokus– Deure


Ons het gebid dat Libiërs sal hoor wanneer Jesus aan die deur van hul harte staan en klop. Dié week bid ons vir al die mense wat in Libië woon en Jesus volg. Ons bid dat God vir hulle deure sal oopmaak; hulle geleenthede gee om die Goeie Nuus van Jesus met ander te deel. (Jy kan ʼn deur oopmaak en deurstap terwyl jy vir hulle bid):


“Die vrug van die Gees is liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing.”

Galasiërs 5:22

29 Mei-4 Junie:

  • Ons bid vir volgelinge van Jesus in Libië dat hul lewens gevul sal wees met die vrugte van die Gees sodat hul vriende en bure dit sal sien en meer oor Jesus wil weet.
  • Ons bid vir baie oop deure / geleenthede vir hulle om die Goeie Nuus oor Jesus met ander te deel.

 15-05-21

Mei-gebedsfokus– Deure


Ons het gebid dat die Libiërs hul harte vir Jesus moet oopmaak.  Sommige Libiërs het al besluit om Jesus te volg.


“Ek is die wingerdstok, julle die lote. Wie in My bly en Ek in hom, dra baie vrugte, want sonder My kan julle niks doen nie.”

Johannes 15:5

22-28 Mei:

  • Ons bid dat hulle in Jesus sal bly en weet hulle kan niks sonder Hom doen nie.
  • Ons bid dat hulle na aan Jesus sal bly en in Hom en Sy liefde groei, sodat hul lewens goeie vrugte sal dra en dat ander dit sal sien.

 15-05-15

Mei-gebedsfokus– Deure


Baie Libiërs is kwaad.  Hul harte is vol haat teen ander mense in hul land wat hulle seermaak of iemand in hul familie doodgemaak het. Woede, haat en wraak weerhou hulle om die deur van hul hart vir Jesus oop te maak.


“Maak ʼn end aan al die bose dade van die goddelose mense. Stel tog die onskuldige in die gelyk. U wat die mens deur en deur toets, U is die regverdige God.”

Psalm 7:10

15-21 Mei:

  •  Ons bid vir Libiërs wat kwaad is en wat haat in hul harte het.
  •  Here, verlos hulle van die boosheid van haat, wraak en bitterheid.

 15-05-08

Mei-gebedsfokus– Deure


Baie Libiërs is bang vir om die deure van hul harte oop te maak vir Jesus omdat hulle in die moeilikheid kan beland.


“Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend. En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus.”

Filippense 4:6-7

8-14 Mei:

  • Ons bid dat God mense in Libië sal verlos van vrees.
  • Ons bid tot God om hulle innerlike vrede te gee, dat Sy vrede hul harte en gedagtes sal bewaak in die naam van Jesus Christus.

 15-05-01

Mei-gebedsfokus– Deure


Wanneer jy dié maand vir Libië bid, gebruik ’n  deur in jou huis of plek van samekoms.

Staan met jou kind of kinders voor  ʼn toe deur en klop. Vra hulle wat gaan gebeur. Waarom? Gaan staan aan die ander kant van die deur, laat hulle klop en maak die deur oop. Hoe kan hulle binnekom? Waarom?

Skryf gebedsonderwerpe vir Libië op stukkies papier en plak dit teen die deur vas. Laat dit die hele maand so en sit nuwes by soos jy bid.

Voorbeelde van gebedsonderwerpe wat op die stukkies papier geskryf kan word, is onder meer kinders, tieners, leiers, onderwysers, ouers, gelowiges wat ontmoedig is, vriende, staatsamptenare, vrees, trots, woede, haat, wraak en bitterheid.


“Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As iemand my stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek by hom ingaan en saam met hom die feesmaal hou, en hy saam  met My.”

Openbaring 3:20

1-7 Mei:

  • Here ons bid dat my ouers, my vriende, die mense in Libië en ek sal luister en gehoorsaam wees wanneer U klop.
  • Dankie, Here, dat ons niks hoef te doen voordat U binnekom nie. Ons moet net ons harte oopmaak en sê dat U welkom is.
  • Ons bid dat die kinders, tieners, leiers, onderwysers, regeerders en ouers in Libië U stem sal kan hoor.

 15-04-24

April-gebedsfokus – Die Land

“God, wat die wêreld met alles wat daarin is, gemaak het, Hý is die Here van hemel en aarde, en Hy woon nie in tempels wat deur mense gemaak is nie.”

Handelinge 17:24 


Liewe ouers, in hierdie maand gaan ons kinders lei om vir Libië in te tree. Gebruik die kaart en vlag om die land aan hulle bekend te stel.

Ons fokus is die waarheid in God se Woord: God het die wêreld en alle dinge gemaak, ook Libië en sy mense. Vergelyk hul gebrek aan vryheid om Jesus Christus te dien, met die situasie in jou eie land. Die meeste mense in Libië glo nie in Jesus Christus as hul Verlosser nie en is nie gered nie.


Ons kan Skrif gebruik om oor Libië te bid. Begin elke sessie met die Skrif of gedeelte daarvan.

24-30 April:

 “God het hulle gemaak om Hom te soek, al sou hulle ook moes rondtas om Hom te vind. Hy is nie ver van enigeen van ons af nie.”

Handelinge 17:27

  • Here, ons bid vir die mense van Libië dat hulle U sal soek en vind.
  • Ons bid vir die kinders, hul ouers, onderwysers en politieke leiers, dat hulle U sal soek en begeer om meer oor U te wete te kom.
  • Dankie dat U nooit ver van elkeen van ons is nie.

 15-04-17

April-gebedsfokus – Die Land

“God, wat die wêreld met alles wat daarin is, gemaak het, Hý is die Here van hemel en aarde, en Hy woon nie in tempels wat deur mense gemaak is nie.” Handelinge 17:24 


Liewe ouers, in hierdie maand gaan ons kinders lei om vir Libië in te tree. Gebruik die kaart en vlag om die land aan hulle bekend te stel.

Ons fokus is die waarheid in God se Woord: God het die wêreld en alle dinge gemaak, ook Libië en sy mense. Vergelyk hul gebrek aan vryheid om Jesus Christus te dien, met die situasie in jou eie land. Die meeste mense in Libië glo nie in Jesus Christus as hul Verlosser nie en is nie gered nie.


Ons kan Skrif gebruik om oor Libië te bid. Begin elke sessie met die Skrif of gedeelte daarvan.

17-23 April:

“Uit een mens het Hy al die nasies gemaak. Hy het hulle gemaak om oor die hele aarde te woon. Hy het bepaal hoe lank hulle sal bestaan en waar hulle sal woon.”

Handelinge 17:26

  • Dankie, Here, dat U besluit het om dié volk te skep en dat hulle in hierdie land moet woon.
  • Ons bid dat U die grense van hierdie land moet beskerm (wys met jou vinger al op die grenslyn van Libië langs).
  • Ons bid dat U wil sal geskied onder die mense en in die land.
  • Ons bid vir al die Libiërs wat volgelinge van Jesus is om hul kinders te leer dat U Libië geskape het en dat U sy grense bepaal het.

 15-04-09

April-gebedsfokus – Die Land

“God, wat die wêreld met alles wat daarin is, gemaak het, Hý is die Here van hemel en aarde, en Hy woon nie in tempels wat deur mense gemaak is nie.” Handelinge 17:24 


Liewe ouers, in hierdie maand gaan ons kinders lei om vir Libië in te tree. Gebruik die kaart en vlag om die land aan hulle bekend te stel.

Ons fokus is die waarheid in God se Woord: God het die wêreld en alle dinge gemaak, ook Libië en sy mense. Vergelyk hul gebrek aan vryheid om Jesus Christus te dien, met die situasie in jou eie land. Die meeste mense in Libië glo nie in Jesus Christus as hul Verlosser nie en is nie gered nie.


Ons kan Skrif gebruik om oor Libië te bid. Begin elke sessie met die Skrif of gedeelte daarvan.

10-16 April:

 “Hy het ook nie nodig dat mense Hom versorg nie. Inteendeel, dit is Hy wat aan almal lewe en asem en alles gee.”

Handelinge 17:25

  • Dankie, Here, dat U lewe en asem aan alle mense gee.
  • Dankie, Here, dat U ons nie nodig het nie, maar dat ons U nodig het.
  • Ons bid vir elke leier, dat hulle sal erken dat U lewe gee.

 15-04-02

April-gebedsfokus – Die Land

“God, wat die wêreld met alles wat daarin is, gemaak het, Hý is die Here van hemel en aarde, en Hy woon nie in tempels wat deur mense gemaak is nie.”

Handelinge 17:24 


Liewe ouers, in hierdie maand gaan ons kinders lei om vir Libië in te tree. Gebruik die kaart en vlag om die land aan hulle bekend te stel.

Ons fokus is die waarheid in God se Woord: God het die wêreld en alle dinge gemaak, ook Libië en sy mense. Vergelyk hul gebrek aan vryheid om Jesus Christus te dien, met die situasie in jou eie land. Die meeste mense in Libië glo nie in Jesus Christus as hul Verlosser nie en is nie gered nie.


Ons kan Skrif gebruik om oor Libië te bid. Begin elke sessie met die Skrif of gedeelte daarvan.

———————— ———–  

3-9 April:

God, U het die wêreld (en Libië) en alle dinge daarop geskep en gevorm. U is die Here van hemel en aarde. U woon in dié land.

Handelinge 17:24

  • Bid vir die land, dat die eer van God sal toeneem.
  • Dank die Here dat Hy in die hele Libië is en dat Hy alomteenwoordig is.

 15-03-05

Maart-gebedsfokus – Liefde

God het die wêreld so lief gehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê.

Johannes 3:16

Ouers, ons gebruik die voubare kubus om neer te skryf waarvoor ons bid.  Voeg elke week twee onderwerpe by en laat die kinders dit soos ’n dobbelsteen gebruik wanneer hulle vir Libië bid. Aan die een kant skryf jy vaders en aan die ander kant kinders, ens. Ons bespreek met hulle hoe en wat ons kan bid vir die vaders, kinders, veiligheid, families, skole, mense in Libië wat vir Jesus ken, ens. Teen die einde van die maand sal al die kante van die kubus vol wees.

God het ons lief. Hy het ons geskep en wil hê elkeen moet in Hom glo en aanvaar dat Jesus vir ons sondes gesterf het. Die kinders in Libië beleef gevegte, oorlog en onsekerheid. Dit kan verhoed dat hulle God se liefde vir hulle ervaar. Jy voel geliefd wanneer jou ma of pa jou ’n drukkie gee, jou iets gee of tyd saam met jou deurbring. Vandeesmaand bid ons dat God Sy seun Jesus Christus aan die mense en veral die kinders van Libië sal openbaar.

  • Kinders – veiligheid, hou die bose weg van hulle, dat hulle geliefd voel, weer in die strate speel
  • Vaders – hul kinders liefhet en niks doen om hulle seer te maak nie
  • Families – mekaar liefhet, tyd saam deurbring
  • Leiers – sorg vir die veiligheid van kinders in Libië
  • Skole – dat dit ’n veilige plek sal wees
  • Christene wat in Libië woon – dat hulle  liefde kan betoon aan die mense en veral diegene wat Jesus nie ken nie.

foldable cube

 

 


15-02-05

Februarie-gebedsfokus – Groei

…Hy is soos ’n boom wat by waterstrome geplant is, wat op die regte tyd vrugte dra en waarvan die blare nie verdroog nie. Hy is voorspoedig in alles wat hy aanpak.

Psalm 1:1-3

Laat jou kind ’n saad saai (watte en ’n boontjie) of ’n plant versorg terwyl ons vandeesmaand bid. Soos die saad ontkiem, kan jy bid oor saad, wortels, stam (rank), vrugte, ens. Die plant is iets natuurliks om die kind te help besef iets geesteliks is aan die gebeur. Ons kan die saad nie laat groei nie, maar ons MOET doen wat ons kan, soos om dit te plant, nat te maak en te versorg.  Hoewel niks te sien is vir die eerste drie dae of so nie, glo ons dit is aan die gebeur. Wanneer ons vir ons familie, vriend, land en Libiërs bid, doen ons wat ons moet doen en doen God die res. (Ouers, moet ASSEBLIEF nie bang wees hulle sal nie verstaan nie. Die Heilige Gees sal hulle die beginsel laat verstaan.)

Net ’n plant wat leef, kan iets voortbring, soos blomme of vrugte. ’n Plant het water en sonlig nodig om te kan groei. Ons as Christene moet ook groei en meer en meer soos Jesus word. Dan sal mense, soos die Moslems in Libië, Jesus in ons sien en meer van Hom wil weet.

Laat ons vandeesmaand bid dat ons soos sterk bome sal wees. Bid vir jou familie,vriende, en mense in Libië wat Jesus alreeds as hul verlosser aanvaar het, dat:

  • Saad / Woord van God in hul harte sal groei. (Jes. 55:10-11)
  • Hulle in God se liefde gewortel is en dat Hy hulle sterk sal hou. (Efes. 3:17)
  • Ons weet ons kan niks sonder Hom doen nie (Joh. 15:1)
  • Ons goeie vrugte sal dra. (Joh. 15:2 en Gal. 6:22)
  • Aanhou om op Hom, Sy Woord en Sy beloftes te vertrou. (Ps. 86:15)

15-01-01

Gebedsgids vir kinders – Libië 

Riglyne vir ouers:

  • Gebed is ons direkte verbinding met God. Soos kinders geestelik groei, leer ons hulle om hul Vader in die Hemel aan te roep. Soms herinner die eerlikheid van hierdie gebede ons aan wat Jesus bedoel het met die geloof van ’n kind.
  • Hoe jonger die kinders is, hoe meer selfgesentreerd sal hul gebed wees.  Dit is normaal dat hulle die vryheid moet hê om vir hul eie behoeftes te bid.  Ons as volwassenes kan hulle geleidelik help en lei om op die behoeftes van ander te fokus.
  • Volg die Minuutreël aan die begin. Die Minuutreël beteken jy gee een minuut per jaar van die kind. Byvoorbeeld, ’n 13-jarige kind behoort ’n gemaklike gebedstyd van 13 minute te hê. Wees geduldig met kinders wat moontlik aandagsteurnisse het en laat hulle toe om stilletjies uit te gaan (terwyl saam met ander gebid word) wanneer hul gebed klaar is.
Januarie-gebedsfokus – PRYS
Prys die Here! Ek wil die Here prys. Ek wil die Here prys so lank ek lewe, ek wil die lof van my God besing so lank ek daar is.
Psalm 146:1,2
Ouers, vandeesmaand gaan ons die Here prys in ons gebede.  Gebruik die “baksteenmuur” bladsy om neer te skryf waarvoor Hy geprys word. Hulle kan in elke blokkie ’n eienskap van die Here uit die Skrif neerskryf of iets waarvoor hulle die Here wil dankie sê. Só sal die gebedsmuur elke dag groter word en kan hulle elke dag meer en meer in diep te bid. Hulle sal alles elke dag “hersien” en hul gebede op dié wyse opbou.  Die baksteenmuur kan uitgedruk en in hul kamer opgesit word.  Dit sal hulle daagliks help herinner.
Week 1 en 2:  Prys die Here vir wie Hy is. Hy is goedhartig, genadig, liefdevol, Skepper van die hemel en aarde, magtig, my krag, deernisvol, regverdig … Gebruik Psalm 145 – Psalm 150 as skrifgedeelte vir die twee weke.Week 3 en 4:  Prys God vir wat jy het, wat Hy ons gegee het en wat Hy vir ons beplan het. Gebruik Jeremia 29:11 om jou te herinner aan wat God vir jou en die mense van Libië beplan.
Dankie dat U my volgens U beeld geskape het en my liefhet.
Dankie dat u vir my ….. gegee het.
Dankie vir ons dorp en ons land. (Noem en skryf neer)
Dankie dat U Libië gemaak het en sy mense liefhet.
brick wall